Joe Blog

Johannesburg Events Weblog

Koos Kombuis

Koos Kombuis

In die laat 80's stem Shifty Records in om my eerste plaat uit te gee - Ver van die Ou Kalahari. Dit word dadelik deur die sensuurraad as "ongewens" gebrandmerk. Ek, Johannes Kerkorrel en Bernoldus Niemand, met die ondersteuning van Shifty Records en Vryeweekblad, en Dagga Dirk Uys in beheer van administratiewe sake, pak in 1986 die Voëlvry Toer aan. Ons het die idealistiese droom gehad om die Apartheid-regime met 'n paar liedjies vol woede, bravade en vloekwoorde omver te werp.  Ons speel op kampusse en in obskure sale landwyd en kom gou in die visier van die Veiligheidspolisie en ander Bewakers van Apartheid. Die invloed wat Voëlvry op die politieke bewussyn van die Afrikaanse jeug en latere Afrikaanse musikante gehad het, is al wyd bespreek en bestudeer, maar die persoonlike prys wat ons betaal het was hoog. Die storie van my lewe

Lisa se Klavier

From his "Niemandsland" album released by Shifty Records in 1990.

Boer in Beton (original 1987 version)

André le Toit (Koos Kombuis) from the 1987 album 'Ver van die Ou Kalahari'

Johnny is nie Dood

Live recording.

Reconciliation day

From the album Bloedrivier