Die gewilde Afrikaanse partytjiegroep JAN JAN JAN is terug met nog ’n absolute treffer wat gereed is om elke braaivleisvuur, sokkie en partytjie aan die gang te sit. Hul splinternuwe enkelsnit, Liefde In 'n Loopdop, is ’n viering van alles wat ons kultuur op sy lekkerste maak – liefde, kuier, en natuurlik, ’n goeie loopdop!
Hierdie splinternuwe liedjie is geskryf en vervaardig deur die talentvolle Hugo Ludik en Nic Jordaan van Muse Studios, wat al bekend is vir hul werk aan verskeie radio-treffers in die Afrikaanse musiekbedryf.