Boomhuisie Tuinrestaurant & Teatertjie
75 Viloen Street Krugersdorp Johannesburg Gauteng
Baie Swak
Author: Karen , 22 October 2008
Ek so teleurgesteld in die boomhuisie se diens van Saterdag die 18/10. Ons het hulle twee weke voor die tyd gevra of ons vir my Kombuis tee vir so 30 mense daar kan onthaal. Julle het geen probleem gehad nie en het gesê hulle het al groter groep mense daar gehad. Toe ons ons kos bestel was als nog reg maar na n tydjie toe kry net n klein gedeelte van die mense hulle kos ons wag maar toe geduldig aangesien ons n redelike groot groep mense is. Maar na n uur wat die eerste mense klaar geeet het toe is daar nog n paar mense wat nogsteed gewag het vir hulle kos( nadat hulle intussen al twee keer weer hulle besteling gegee het) Toe ons by die bestuur gaan hoor wat aan gaan toe sê sy hulle kok het weg geloop???? Vir my is dit regtig swak. Hoekom sê hulle nie van die begin af daar is n probleem nie. Die bestuurder het nie moeite gedoen om jammer te sê of ons in kennis gestel van die probleem tot na ons gekla het nie. Ek is baie teleurgesteld. Dit was vir my n groot verleendheid!!!!!
Jammer oor jou houding
Author: Bechora Jansen van Rensburg, 7 November 2008
Geagte Karen As bestuurder van Boomhuisie restaurant moet ek vir jou sê dat ek jammer is dat jy nie hierdie saak met my kom opneem het nie. Ek was by julle tafel, het vir julle die situasie verduidelik en u het gereken alles is in orde, u verstaan dat sulke probleme by restaurante kan opduik. Dit was buite ons beheer en wens dat u my asseblief persoonlik kom besoek sodat ons vir u "verleentheid" kan probeer vergoed. Bechora Bestuurder van Boomhuisie
Dis 'n lekker plek die 28 May 2009
Author: Judy Jooste, 28 May 2009
Ek voel hierdie geleentheid het 'n geruime tyd terug gebeur en ek wil net graag vir boomhuisie alle eer gee ek het nou verhuis en bly in George en sal boomhuisie baie mis want dis was goue oomblikke wat ek in my hart sal dra Julle is tops
n Ontmoeting
Author: Fanie, 11 July 2009
Hallo ja ek het n ongelooflike Ervaring by die plek gehaad. Dit het so gebeur een dag het my Dominie vriend my na hierdie plek toe gevat en ek was behoorlik uit my skoene uit geslaan want in my lewe het ek nog nooit so plek gesien nie. Ek was behoorlik verstom, en dit was net die regte medesyne vir my. Hy het my bygestaan en ondersteun nadat ek my Boetie verloor het (Hy was een van die polisie manne wat gesterf het by daai Huis in Jeppestown) Die kos was so besonders. Ek het toe besluit om my vrou met haar verjaarsdag te verras met n ete by hierdie plek. Die personeel daar het ons op hulle hande gedra en my my vrou behoorlik bederf. Die bestuurderes het haar aan ons voorgestel en lekker saam met ons gesels was sy nou n aangename mens.Ons het daai aand tot laat gekuier. Al wat ek kan se die plek BOOMHUISIE is seker die beste en mooiste Restaurant ooit.
Word elke keer meer beindruk deur die Boomhuise
Author: Cheryl Lubbe, 16 April 2010
My eerste keer by boomhuisie was in 2005. Ek was dadelik doodverlief op die dekor. Toe kom doe kos - so eg soos my ouma se kos. Regte Boeretroos. Ek het sommer my dogtertjie se eerste verjaardag daar gevier in dieselfde jaar. Selfs al is daar nie Playstations en klouterrame nie, geniet my kinders dit verskriklik om die Koi-visse te voer en in die tuine rond te stap. Hulle voel sommer at home, en ek hoef nie bekommerd te wees dat die bestuur misluk of onbeskof met die kinders sal wees nie. Ek is mal oor die koerantkamer. In 2006, toe ek trou, het el eerder 'n intieme ete gehad by die restaurant as 'n groot affere. Dit was baie meer spesiaal as enige ander fancy venue. Ek is so 18 maande terug gediagnoseer met Bipolere versteuring, en wanneer ek net bietjie af voel, gaan ek na Die Boomhuisie toe. Net vir die peace and quiet en tranquility. En dan is die kos nog so flippen lekker ook. Daar is nie 'n plek wat NAAAAAAAAAAABY julle diens, kos of gasvryheid kom nie.
Openbaring
Author: Eurika, 22 April 2010
Graag wil ek net se. Ons was nuwe intrekkers in Krugersdorp. Na 18 op die Rand. 2 jaar van sukkel om aan te pas en vreemdwees en erge depressie en eensaamheid omrede ek niemand hier of die area geken het nie. Het my buurvrou oorkant my haar een oggend net oor my ontverm en my verras met 'n ligte middagete by die Boomhuisie. Ai ek was in vervoering gewees. Die kunswerke teen die mure het my hart geraak. Die admosfeer en die ligte ete onder die bome in die tuin. Net daar op die plek het ek 'n besluit gemaak. Ek gaan skilder. En jip ek het die daad by die woord gesit. 1 jaar later en ek is baie gelukkig en sal altyd my nuwe denke aan my nuutgevonde vriendin en die Boomhuisie te danke he. So ja julle sal mense kry wat kla en ontevrede is. Wel wat saak maak is dat julle 'n klient for life het. Dankie en nogmaals dankie.
Ons is gereelde besoekkers al is dit net om in te loer en rond te loer. Dankie vir die gasvryheid.
Mense vat 'n paar uurtjies af en gaan eet 'n ietsie by die Boomhuisie. Julle sal gehooked wees. Ek is.
Groete 'n nuwe mens en kunstenaar.
Kontak nr
Author: Mariette, 12 August 2010
Ek wil graag by julle plek bespreek vir my ooievaarstee maar het glad nie 'n telefoon nr wat ek kan skakel nie....?
Kontak nr
Author: Mariette, 12 August 2010
Ek wil graag by julle plek bespreek vir my ooievaarstee maar het glad nie 'n telefoon nr wat ek kan skakel nie....?
Patetiese Diens vanaf die Bestuur van Boomhuisie - Krugersdorp
Author: Christo Erasmus, 16 August 2010
Ons het die restaurant geboek vir 'n funksie al 3 maande terug. 2 weke voor die funksie kom ons agter dat daar 'n dupplicated booking gemaak is, 80st verjaarsdag. Weens dat ons 'n profesionele band is wat die restaurant wil gebruik het en reeds die pers verklaring uitgeryk het. moes ons die Maandag vinnig n plan B maak die venua kanseleer, Bestuur kan jou nie eers bel en op hoogte hou nie... plyn weg net stil bly en as jy navra doen dan kom jy die fout agter. Hulle diens in so geval is pateties, sal dit eerder nei aanbeveel nie.... As jy 'n hospitality industrie wil wees is kliente diens belangrik..duidelik nie vir die plek nie... Hulle sal maar die koerante sien ......
Um ja Christo
Author: Frikkie, 20 August 2010
Ek en my familie was Sondag daar gewees, Snaaks ek het geen poster gesien nie so hoe adverteer jy? vandag met n bestuurder daar gepraat, hoor hulle het alternatiewe planne gemaak vir julle. hulle het uit hulle pad gegaan om 'n funksie saal te boek vir julle en julle het terug gekom en gese dat dit julle klank gaan beinvloed. urgm!!!! hoe is julle dan 'n profesionele band maar kan nie in 'n saal speel nie? mense maak foute en hulle het dalk een gemaak maar hulle het alternatiewe planne gemaak om julle te akomedeer wat hulle seker geld sou kos. ek dink net julle is ondankbaar!!! Die boomhuisie is 'n wonderlikke plek en niemand kan iets se wat my mind gaan verander nie.
Author: Bechora Jansen van Rensburg: Mede-Eienaar en Bestuurder, 21 August 2010
Christo, Ek is jammer oor die houding wat jy inslaan om hierdie "blog" te gebruik om my besigheid skade te berokken. Ek het in my lewe al met bekende Kunstenaars gewerk, en elkeen van hulle het vandat hulle bespreek het, tot die aand van hulle vertoning, weekliks of ten minste twee weekliks met my kontak gemaak om te verneem hoe die reelings en besprekings verloop. Dit is hoe dit gedoen word. My siening is dat die deel van die diens wat julle moes lewer nie nagekom is nie. Verder sal ek my nie uitlaat oor hierdie insident nie, en laat ek dit aan my gaste en lojale teatergangers oor om te besluit oor Boomhuisie. Ja, Frikkie, dit is waar ek het wel vir hulle 'n ander saal gereel op my eie onkoste en uit my pad gegaan om planne te maak. Ons is wel in die gasvryheidsbedryf en dit is waarom ek so gasvry was om 'n lokaal te reel sonder enige koste vir hulle rekening. Die fout kan nie op Boomhuisie bestuur alleen geplaas word nie, maar nou ja, aanval is seker die beste manier van verdediging. VRIENDELIKE BOOMHUISIEGROETE
Kontakbesonderhede vir Boomhuisie
Author: Mariette, 21 August 2010
Mariette, Ons telefoonnommer is: 011-665 3797 Dit sal vir ons 'n voorreg wees om julle te ontvang. Kontak gerus vir my of Kotie. Bespreek betyds aangesien die jaareinde nou nader kom en die jaareindfunksies begin instroom. Boomhuisiegroete Bechora
Add a review or comment on Boomhuisie Tuinrestaurant & Teatertjie: